Bronkors

Bronkors is 'n akwatiese plantspesie met die botaniese naam Nasturtium officinale. Dit moet nie verwar word met die heel anderse groep van plante met die gewone naam kappertjie, botaniese naam Tropaeolum, nie.

Bronkors is 'n vinniggroeiende, akwatiese of semi-akwatiese, meerjarige plant inheems aan Europa en Asië, en een van die oudste bekende blaargroente wat deur mense verbruik word. Dit is 'n lid van die familie Brassicaceae, wat plantkundig verband hou met die tuinwaterkers, mosterd, radys en wasabi—almal opmerklik vir hul pikante smaak.

Die hol stingels van bronkors sal op water dryf; die blaarstruktuur is veervormig saamgesteld. Klein, wit en groen blomme word in trosse geproduseer en gereeld deur vlieënde insekte besoek.[1]

  1. Van Der Kooi, C. J. (2016). "Competition for pollinators and intra-communal spectral dissimilarity of flowers". Plant Biology. 18 (1): 56–62. doi:10.1111/plb.12328.

Developed by StudentB